Fundraising 2011/Jimmy Letter 002/af

From Meta, a Wikimedia project coordination wiki
Translation instructions
  • For pages marked "Missing" or "In progress", click the page title and start translating. When you are done, click "edit status" and change the status to proofreading.
  • For pages marked "Needs updating", compare the page to the source page and update the translation accordingly. When you are done, click "edit status" and change the status to proofreading.
  • It is important to have someone else proofread the translated page! If you have proofread a page and it is ready for publication, click "edit status" and change that page's status to ready.
  • If you are changing something that has already been published, change its status back to ready for it to be published again.

If you have any questions or feedback regarding the translation process, please post them here. Translation FAQ

Google het waarskynlik amper 'n miljoen bedieners. Yahoo het sowat 13 000 personeellede. Ons het 679 bedieners en 95 personeellede.

Wikipedia is die #5-tuiste op die web en bedien elke maand 470 miljoen verskillende mense - met miljarde bladsybesoeke.

Handel is goed. Reklame is nie sleg nie. Maar dit hoort nie hier nie. Nie op Wikipedia nie.

Wikipedia is iets besonders. Dit is soos 'n biblioteek of 'n openbare park. Dit is soos 'n tempel vir die gees. Dit is 'n plek waarheen ons almal kan gaan om te dink, te leer en ons kennis met ander te deel.

Toe ek Wikipedia gestig het, kon ek dit 'n winsgewende maatskappy met advertensiebaniere gemaak het, maar ek het besluit om iets anders te doen. Ons het oor die jare hard gewerk om dit lig en beknop te hou. Ons vervul ons missie, en laat vermorsing aan ander oor.

As almal wat hierdie brief lees net $5 skenk, sal ons net een dag per jaar hoef geld in te samel. Maar nie almal kan of wil skenk nie. En dit is ook goed. Elke jaar gee net genoeg mense geld.

Dalk kan jy dit vanjaar oorweeg om $5, €10, R40, of wat jy ook al kan bekostig, te skenk om Wikipedia te beskerm en te onderhou.


Dankie,

Jimmy Wales
Wikipedia-stigter