Wikimedia Blog/Voorlopige/Ope brief van die 12A-leerlinge van Hoërskool Sinenjongo in Suid-Afrika

From Meta, a Wikimedia project coordination wiki

Title

'n Ope brief vir gratis toegang tot Wikipedia

In November 2012 het studente van [1] 'n ope brief geskryf aan selfoonnetwerke om hulle te motiveer om geen datakoste te hef wanneer studente Wikipedia gebruik nie, sodat hulle dit kan gebruik wanneer hulle huiswerk doen. In Mei 2013 het ek en Charlene Music vir hulle gevra om hul ope brief vir ons te lees voor die kamera. Hieronder is die brief.

Die video is ook beskikbaar op YouTube.com hier. Asook, hier is 'n weergawe sonder Engelse subtitels op Wikimedia Commons en op YouTube hier. Die URL aan die einde van die video is 'n skakel na die bladsy wat die klas opgestel het.

Die koste van data is 'n groot struikelblok wat gratis toegang to Wikipedia vir miljoene mense belemmer. Hierdie studente will hê dat hul selfoon netwerke aansluit by Wikipedia Zero, 'n program georganiseer deur Wikimedia Foundation om selfoon toegang tot Wikipedia - sonder data kostes - moontlik te maak in ontwikkelende lande.

Ons sal die langer dokumentêr oor die klas deel sodra dit gereed is. Terwyl ons dit nog verwerk soek ons na:

1. 'n Paar vrywilligers wat kan help om onderskrifte te vertaal vir die video asook die langer dokumentêr. Daar is tans [2] elf amptelike tale in Suid-Afrika alleen. Ons benodig vrywilligers vir al elf tale en so veel as moontlik ander tale indien moontlik.

2. 'n Grafiese kunstenaar wat ons kan help met titels, kaarte en statistieke vir die dokumentêr. Indien jy belangstel, kontak my: vgrigas(_AT_)wikimedia.org of maak kontak op my bladsy hier User:Vgrigas.

3. As jy saamstem met hierdie studente, deel asseblief die video hierbo.

Victor Grigas
Visuele storieverteller, Wikimedia-stigting