Af.wikinuus:Missie

From Meta, a Wikimedia project coordination wiki
Jump to navigation Jump to search

Om 'n webwerf op te rig wat op-datum, relevante, nuuswaardige en vermaaklike inhoud bevat, sonder enige bevooroordeeldheid[edit]

Op die 15de Januarie, 2001, het 'n groep mense 'n waaghalsige eksperiment begin: Hulle het laat ongeveer 10% van die hele wêreld (die mense wat internettoegang het) 'n ensiklopedie skep in alle tale, vrylik beskikbaar vir almal op die planeet met internettoegang, vir altyd. In die daaropvolgende maande en jare, was dit nie net tegnologie wat hierdie droom 'n realiteit gemaak het nie, maar ook die ongelooflike toegewyde gemeenskap van vrywilligers wat artikels geskryf het en beleid en riglyne vir die projek geformuleer het. Hulle het dit gedoen deur 'n oop, evolutionêre proses, met die vertroue in 'n moontlikheid van konsensus, in 'n begeerte vir die verbetering van die menslike toestand, en in liefde vir die menslike geesdrif.

Die idee rondom die Wikinuus projek is nie minder waaghalsig nie. Wikinuus is 'n vrye-inhoud nuusbron, en is 'n sub-projek van die Wikimedia Foundation. Ons beywer ons vir die oprigting van 'n vrye bron van nuus, waar, toegegee dat ons die digitale skeiding kan oorkom, elke mens genooi word om bydraes te maak oor gebeure groot en klein, of uit direkte ervaring, or 'n opsomming van elders. Wikinuus is gestig rondom die idee dat ons iets nuut wil oprig, eerder as om iets ouds te vernietig. Dit is gestig op die vertroue dat ons, saam, 'n groot en unieke bron kan skep wat die media-landskap sal verryk.

Wikinuus sal alreeds bruikbaar wees, selfs al begin ons slegs met 'n paar oorspronklike, of eerstehandse, verlsae—omdat dit gratis, neutrale, en integrale opsommings van nuus elders sal verskaf. Dit sal alreeds nuttig wees, selfs al is die onderwerpe wat dit dek in die begin vol tekortkominge —omdat ons in hierdie areas, alreeds baat sal vind van die samewerkende wiki model. Dit sal groei en nuttiger word by die dag.

Terwyl Wikinuus daarna strewe om een dag 'n nuttige bron op sy eie te wees, sal dit ook 'n alternatief verskaf tot meer gestruktureerde en professionele nuusagentskappe soos die Associated Press of Reuters; dit is, dat dit sal toelaat dat onafhanklike media-organisasies sal toelaat om 'n hoë kwaliteit deurvoer van nuus te ontvang, teen geen koste nie, om hulle eie verslaggewing te komplimenteer. Te danke aan die copyleft, kan enigeen hulle eie gratis nuusbron skep—selfs 'n nie-neutrale een—gebasseer op ons werk. Selfs al is ons artikels aan die begin min, sal hulle gratis wees, permanent beskikbaar en sal geen registrasie verlang om dit te lees nie.

Terwyl ons baie uitdagings in die gesigstaar, sal Wikinuus die sleutelbeginsels aanneem wat Wikipedie en die ander Wikimedia webwerwe gemaak het wat hulle vandag is: neutraliteit, vrye-inhoud, en 'n oop besluitnemingsproses.

Ons strewe daarna om die gedagte van burgerlike joernalistiek te bevorder, omdat ons glo dat almal 'n nuttige bydra kan lewer deur 'n groter prentjie te skets van dit wat in die wêreld rondom ons gebeur. Die tyd het aangebreek om 'n nuwe vrye nuusbron te skep, deur die mense en vir die mense. Ons nooi jou uit om by ons aan te sluit in hierdie projek wat die potensiaal het om die wêreld van verslaggewing vir altyd te verander.

Wikinuus sal 'n bron wees vir beide informatiewe en vermaaklike inhoud. Ons sal bydraers welkom en aanmoedig om die verskillende konsepte rondom die aanbied van interessante, stiptelike informasie te verken. Ons sal kyk na nuwe formate vir die aanbieding van ons inhoud, en sal daarna strewe om die deure oop te maak sodat mense regoor die wêreld baat mag vind by ons werk.

Projek artikels[edit]

de:Wikinews:Wikinews es:Wikinoticias:Nuestra misión it:Wikinotizie:Missione