Kommunikasie/Jaarplan/2015

From Meta, a Wikimedia project coordination wiki
This page is a translated version of the page Communications/Annual plan/2015 and the translation is 100% complete.

2015:Die jaar wat voorlê

Die belangrikste fokusareas vir 2015 sluit in:

Bestuur groot veldtogte, boodskappe en inisiatiewe wat ons missie en verhaal ondersteun. Dit sluit voorbereiding in vir Wikipedia se 15de bestaansjaar in 2016.
  • Konseptualiseer,beplan en voer vooruitskouende veldtogte, boodskappe, storievertelling, voorspraak en inisiatiewe ter ondersteuning van strategiese inisiatiewe met 'n hoë prioriteit in WMF.
Ontwikkel strategie vir handelsmerkbestuur, ontwikkeling en kommunikasie.
  • Koördineer handelsmerknavorsing, posisionering en bestuur.
  • Globale marknavorsing, analise, beplanning inisieer; handelsmerkposisionering en vennootskappe; bemarkings- en ander materiale; ontwerp, kollaterale en produkte; sosiale media; en handelsmerkondersteuning.
Bestuur skakelwerk en kwessiebestuur.
  • Hou toesig oor en voer uit oor media en openbare betrekkinge, eksterne posisionering, krisisreaksie, uitsprake en vrystellings vir die verhoging van positiewe dekking en verspreiding van prioriteitsinisiatiewe en veldtogte.
Ontwikkel produkbemarking en kommunikasie.
  • Dryf die posisionering en bewustheid van WMF-ontwikkelde produkte en tegnologieë, ter ondersteuning van die Ingenieurswese en produk -spanne en Wikimedia-strategiese innovasie -doelstellings.
  • Ondersteun navorsing, ontleding en identifisering van personas en segmentering om boodskappe, posisionering, kollaterale en skakelwerk te begelei.
Verbetering van deursigtigheid en koördinering rondom aktiwiteite van die WMF.
  • Lewer 'n Staat van die WMF -verslag.
  • Hou 'n produk-/kommunikasiewerkswinkel om prosesse en doelstellings rondom belangrike kommunikasievrystellings te verbeter.