Fundraising 2010/Appeal/af

From Meta, a Wikimedia project coordination wiki

Toe ek 10 jaar terug oor Wikipedia begin praat het, het ek heelwat snaakse kyke van mense gekry.

Kom ons sê maar net dat sommige van die sakelui maar skepties was oor die idee dat vrywilligers van regoor die wêreld kan saamwerk om 'n merkwaardige poel van mensekennis te skep – alles vir die eenvoudige rede om dit te deel.

Geen advertensies. Geen winste. Geen agenda.

'n Dekade later na sy totstandkoming gebruik meer as 360 miljoen mense Wikipedia elke maand – amper 'n derde van die internet-gekoppelde wêreld.

Dit is die 5de gewildste webwerf in die wêreld. Die ander vier is gebou en word in stand gehou met beleggings, enorme korporatiewe personeel, en meedoënlose bemarking van miljarde dollars.

Maar Wikipedia is glad nie soos 'n kommersiële webwerf nie. Dit is 'n gemeenskaplike skepping, geskryf deur vrywilligers, een inskrywing op 'n slag. Jy is deel van ons gemeenskap, en ek skryf vandag om te vra dat jy Wikipedia sal beskerm en steun.

Saam kan ons dit gratis hou en sonder advertensies. Ons kan ons dit oop hou – jy kan die inligting in Wikipedia gebruik net soos jy wil. Ons kan dit help groei – inligting oral te versprei, en deelname van almal te nooi.

Elke jaar hierdie tyd reik ons uit en vra jou en ander regoor die hele Wikipedia-gemeenskap om ons gesamentlike onderneming te help ondersteun met 'n beskeie donasie van R150, R250, R350, of meer.

Indien jy baie waarde aan Wikipedia heg as 'n bron van inligting – en 'n bron van inspirasie – hoop ek dat jy nou sal kies om reg op te tree.

Beste wense,
Jimmy Wales
Stigter, Wikipedia

NS: Wikipedia gaan oor die mag van mense soos ons om merkwaardige dinge te doen. Mense soos ons skryf Wikipedia, een woord op 'n slag. Mense soos ons befonds dit, een donasie op 'n slag. Dit is 'n bewys van ons gesamentlike potensiaal om die wêreld te verander.