Licensing update/License comparison/af

From Meta, a Wikimedia project coordination wiki
The licensing update has been executed.
The results are available here. Please be aware that pages need to be updated to reflect the result and that some information may be obsolete. In the meantime, viewing the LU timeline might be helpful. Help with translations is of continuing appreciation.

Shortcut:
LU/COMP

Die volgende tabel bied 'n opsomming van die ooreenkomste en verskille tussen die GNU Vrye Dokumentasie Lisensie (GVDL) en die Gemeenbruiklike en Gelykerkennende Lisensie 3.0 (GB-en-GE)

GVDL GB-en-GE
Lisensieouteur Vrye Sagteware Stigting Gemeenskaplike Gebruik (d.i. Creative Commons)
Huidige weergawe 1.3 (November 2008) 3.0 (Februarie 2007)
Vorige weergawes 1.2 (November 2002)
1.1 (Maart 2000)
2.5 (c. Augustus 2005)
2.0 (Mei 2004)
1.0 (Desember 2002)
Ontwerp vir Vrye sagteware dokumentasie Algemene gebruik
Tale en jurisdiksies Engelstalig ontwikkel binne konteks van VSA jurisdiksie; geen amptelike vertaling, verskillende nie-amptelike vertalings Een generiese weergawe en meer as 50 onderling aanpasbare variante vir spesifieke nasionale jurisdiksies en vertaal na respektiewelike ampstale
Vermelding Titelblad sluit huidige outeurs in, en minstens vyf leidende outeurs van vorige weergawes. Dokument moet ook insluit 'n geskiedenis van alle vorige weergawes, hul outeurs, en die netwerkligging (indien enige) Huidige en vorige outeurs en hul aangewese borginstitusies (indien verskaf), titel van werk, URI geassosieer met die werk (indien verskaf), erkenning van aanpassings tot vorige werk (indien enige).
Plasing van vermelding Vermelding moet spesifiek alle kopieë vergesel "Redelikerwyse" vermelding is voldoende
Kopieë moet ook insluit Die GVDL teks, lisensieëringskennisgewing, en alle kopieregkennisgewings Die GB-en-GE teks vir 'n URI verwysend daarna, lisensiekennisgewing, en alle kopieregkennisgewings (tensy van afstand gedoen deur oorspronklike outeurs)
Afgeleide werke Moet gelisensieer wees onder die GVDL Moet gelisensieer wees onder die GB-en-GE
Aggregasie Mag gekombineer word met "aparte en onafhanklike" werke in "bewarings- of verspreidingsmedia" sonder vereiste van GVDL op ander werke Mag "saamgestel word in in kollektiewe geheel" met een of meer "aparte en onafhanklike werke" sonder vereiste van GB-en-GE op ander werke
Kopievoorkomingsmeganismes 'n Herverspreider "mag nie tegniese terme gebruik wat die lesing se verdere kopieëring verhinder of beheer nie" 'n Herverspreider mag nie "enige effektiewe tegnologiese maatreëls afdwing" wat ontvangers beperk in hul regte onder die lisensie nie
Oop lêerformate Verspreiders van meer as 100 kopieë moet, minstens,'n URI insluit waar 'n masjien-leesbare kopie van die werk se teks en ander media beskikbaar is in 'n wydgebruikde formaat waarvan die spesifikasie publiek bekend is. Sodanige URI behoort beskikbaar te bly vir minstens 'n jaar na verspreiding van die laaste kopie in 'n formaat wat nie masjien leesbaar is nie. Geen vereiste vir verskaffing van masjien-leesbare kopieë, nog vir oop lêerformate
Duurte
Vir altyd
Vrywaring
Vrywaring moet behou word
Kommersieële gebruik
Kommersieële gebruik word toegelaat
Toekomstige weergawes Outeurs mag toelaat dat die lisensie in die werk vestig op alle toekomstige weergawes van die lisensie. (Vestiging op alle toekomstige weergawes word vereis vir teks, maar nie vir beelde nie, sovêr dit Wikimedia projekte aangaan.) Outeurs mag toelaat dat die lisensie vestig op alle toekomstige weergawes van die lisensie. Outeurs moet toelaat dat afgeleide weergawes geskep kan word onder toekomstige weergawes van die lisensie.
Ander lisensie eienskappe Oorhoofse tekste en invariante afdelings toegelaat