Fonds insameling/Vertaling/Dankie e-pos 20140606

From Meta, a Wikimedia project coordination wiki
This page is a translated version of the page Fundraising/Translation/Thank you email 20140606 and the translation is 95% complete.

[ifFirstnameAndLastname] Geagte [given name], [elseifFirstnameAndLastname] Geagte skenker, [endifFirstnameAndLastname]

Dankie vir jou geskenk van onskatbare waarde. Daarmee word kennis aan elke mens in alle dele van die wêreld gebring.

{% if "RecurringRestarted" in contribution_tags %} Onlangs het ons 'n klein tegniese sakie wat 'n paar maandelikse skenkings onderbreek het, reggestel. Ons bring nie die maande wat ons oorgeslaan het in rekening nie. Dankie vir u geduld en ondersteuning en moet asb. nie aarsel om donate@wikimedia te e-pos nie as daar enige vrae is. {% endif %}

{% if "UnrecordedCharge" in contribution_tags %} Ons het onlangs 'n tegniese probleem ondervind wat veroorsaak het dat enkele skenkers nie bevestiging van hulle bydrae ontvang het nie. Die probleem is nou reggestel. Hierdie epos dien as bedanking vir u donasie wat ontvang is op [date]. Ons waardeer opreg u geduld en ondersteuning, en nooi u uit om 'n epos aan donate@wikimedia.org te stuur indien u enige navrae het. {% endif %}

My naam is Lila Tretikov, en ek is die Uitvoerende Direkteur van die Wikimedia Stigting. Oor die afgelope paar jaar het donasies soos joune ons werk bemagtig om die ensiklopedie uit te brei tot 287 tale asook om dit meer bereikbaar te maak reg oor die wêreld. Ons streef daarna om dié te bereik wat nie andersins toegang tot onderrig het nie. Ons bring kennis aan mense soos Akshaya Iyengar van Solapur, Indië. Sy het Wikipedia gebruik as haar primêre bron van onderrig toe sy groot geword het in dié tekstiel vervaardigings dorp. Vir studente in hierdie areas, waar boeke skaars is maar mobiele internet toegang beskikbaar is, is Wikipedia instrumentaal. Akshaya het verder gegaan om te gradueer van kollege in Indië en werk nou as 'n sagteware ingenieur in die Verenigde State. Sy gee Wikipedia die krediet vir die helfte van haar kennis.

Hierdie verhaal is nie 'n unieke verhaal nie. Ons missie is wyd en stel groot uitdagings aan ons. Die meeste mense wat Wikipedia gebruik, is verbaas om te hoor dat dit deur 'n organisasie sonder winsbejag bestuur en deur u donasies befonds word. Jaarliks maak net genoeg mense donasies ten einde die som van alle menslike kennis beskikbaar te hou vir almal. Dankie dat u hierdie missie moontlik maak.

Namens die half biljoen mense wat Wikipedia lees, duisende vrywillige redakteurs, en die personeel by die Wikipedia Foundation, baie dankie dat u hierdie jaar Wikipedia aanlyn en advertensie-vry hou.

Dankie,

Lila Tretikov
Uitvoerende Direkteur,
Wikimedia Foundation
donate.wikimedia.org

Many employers will match employee contributions: please check with your company to see if they have a corporate matching gift program.

Vir u rekords: u donasie,nommer [contributionId], op [date] was [amount]

[ifRecurring] Hierdie donasie vorm deel van 'n herhalende subskripsie. Maandelikse paaiemente sal gedebiteer word deur die Wikimedia Foundation totdat u ons vra om dit te stop. As u die betalings wil kanselleer, sien asb. ons (#recurringCancel easy cancellation instructions). [endifRecurring]

Hierdie brief mag dien as 'n bewys van u donasie. Geen goedere of dienste, gedeeltelik of in geheel, was voorsien in terme van hierdie bydrae nie. Die Wikimedia Foundation, Inc. is 'n welsynsorganisasie sonder winsbejag met 501(c)(3) belastingvrystellingstatus in die Verenigde State van Amerika. Ons adres is New Montgomery nr. 149, Derde Vloer, San Francisco, CA, 94105. VSA belastingvrystellingsnommer: 20-0049703

Opsie om uit te teken:

Ons sal graag vir u as skenker ingelig wil hou ten opsigte van ons gemeenskapsaktiwiteite en fondsinsamelingprojekte. Indien u egter sou verkies om nie eposse in hierdie verband van ons af te ontvang nie, klik asseblief hieronder en ons sal u besonderhede van die lys verwyder.

[#unsubscribe Unsubscribe]

Help ons asseblief om hierdie e-pos te [#translate vertaal].