MediaWiki:Uploadtext/af

From Meta, a Wikimedia project coordination wiki

Gebruik die vorm hier onder om nuwe lêers te laai wat u in u artikels wil gebruik. Om lêers wat voorheen opgelaai is te sien of te deursoek, gaan na die lêerlys. Die laai van lêers word in die laailog aangeteken. Verwyderde lêers word bygehou in die skraplogboek.

In die meeste webblaaiers sal u 'n "Browse..." knop sien, wat u bedryfstelsel se standaard lêeroopmaakdialoogblokkie sal oopmaak. Deur 'n lêer in hierdie dialoogkassie te kies, word die lêer se naam in die teksboks naas die knop ingevul. Verskaf dan 'n opsomming van die lêer se inhoud en dui die bron en kopiereg duidelik aan. Kliek die "Laai lêer" knop om die oplaai te begin. Dit mag dalk 'n rukkie neem as u 'n stadige internetverbinding het.

Om die lêer in 'n artikel te gebruik, plaas 'n skakel in een van die volgende formate:

  • [[File:Lêer.jpg]] om die volledige weergawe te gebruik
  • [[File:Lêer.png|200px|thumb|left|alternatiewe teks]] skaal die lêer na 200 spikkels wyd in 'n boks aan die linkerkant van die blad met 'alternatiewe teks' as beskrywing
  • [[Media:Lêer.ogg]] om direk na 'n lêer te skakel sonder om dit te vertoon