Universal Code of Conduct/Enforcement draft guidelines review/Announcement/af

From Meta, a Wikimedia project coordination wiki
This page is a translated version of the page Universal Code of Conduct/Enforcement draft guidelines review/Announcement and the translation is 100% complete.

Universele gedragskode - hersiening van Handhawingskonsepriglyne

Die Universele gedragskode Fase 2 opstelkomitee soek kommentaar oor die Handhawingskonsepriglyne vir die universele gedragskode (UCoC). Hierdie hersieningstydperk begin op 17 Augustus 2021.

Gemeenskap en personeellede het saamgewerk om hierdie konsepriglyne te ontwikkel op grond van konsultasies, besprekings en navorsing. Hierdie riglyne is nie finaal nie, maar jy kan help om die proses vorentoe te dryf. Lewer kommentaar oor hierdie riglyne teen 17 Oktober 2021. Die komitee sal die riglyne hersien op grond van insette van die gemeenskap.

Almal mag op verskeie plekke kommentaar lewer. Fasiliteerders verwelkom kommentaar in enige taal op die konsep besprekingsbladsy of per e-pos. Kommentaar kan ook op besprekingsbladsye van vertalings, by plaaslike besprekings, of tydens tafel-besprekings en gespreksure gelewer word.

Volgende regstreekse gesprekke oor die UCoC Handhawingskonsepriglyne word beplan:

Wikimania 2021 sessie (opgeneem op 16 Augustus)
besprekingsure - 24 Augustus, 31 Augustus, 7 September @ 03:00 UTC & 14:00 UTC
Tafelgesprekke - 18 September @ 03:00 UTC & 15:00 UTC

Die fasiliteringspan wat hierdie oorsigtydperk ondersteun, hoop om 'n groot aantal gemeenskappe te bereik. Dit is belangrik om 'n gedeelde begrip te hê. As jy nie 'n gesprek in jou gemeenskap sien plaasvind nie, organiseer asb. 'n bespreking. Fasiliteerders kan help met die opstel van die gesprekke.

Besprekings word opgesom en elke twee weke aan die opstelkomitee voorgelê. Die opsommings sal hier gepubliseer word.

Laat weet asb. as julle enige vrae het.