Licensing update/Result/af

From Meta, a Wikimedia project coordination wiki
Shortcut:
LU/R

Die Wikimedia Stigting (WMS) het voorgestel dat die kopieregterme op die wikis onder WMS bestuur — insluitend Wikipedia — verander word om in te sluit die Gemeenbruiklike en Gelykerkennende (GB-en-GE) lisensie bykomend tot die huidige GNU Vrye Dokumentasie Lisensie (GVDL). Dit sal alle teks en ryk media (d.i. beelde, klank, video, ens.) affekteer wat tans onder die "GVDL 1.2 of opvolgweergawes" gelisensiëer is. Hierdie verandering is daarop gemik om WMS se missie te bevorder deur aanpasbaarheid en beskikbaarheid van vrye inhoud. Verdere besonderhede en motivering vir hierdie verandering word aangebied in die lisensiëring opdateringsvoorstel en die geassosieerde Vrae en Antwoorde.

Om die gemeenskapsondersteuning vir hierdie verandering te meet, is 'n Wikimedia-stemming uitgevoer tussen 12 April en 3 May 2009. Die stemming is bestuur deur vrywilligers geassosieerd met die lisensiëringsopdateringkomitee en is uitgevoer op bedieners onder beheer van die onafhanklike en nie-winsgewende SPI.

Uitslag in kort[edit]

Stemmingsuitslag vir lisensiëringsopdatering, 2009
"Ja, ek is ten gunste van hierdie verandering" 13,242 75.8%
"Nee, ek is gekant teen hierdie verandering" 1,829 10.5%
"Ek het geen opinie oor hierdie verandering nie" 2,391 13.7%
Totale stemme ontvang en gesertifiseer 17,462

Indien "geen opinie" stemme buite aanmerking gelaat word, is die Ja/Nee persentasie 87.9%/12.1% (15,071 stemme).

Opvolgstappe[edit]

Soos per vroeëre ooreenkoms, het die lisensiëringsopdaringskomitee hierdie uitslag meegedeel aan die WMS Raad van Trustees 'n paar dae voor die publieke aankondiging. Die Raad is aangewese om finale magtiging te verskaf voor enige verandering op Wikimedia se lisensiëring vestig.

Michael Snow, voorsitter van die Wikimedia Stigting se Raad van Trustees, het die volgende opmerking verskaf:

Die vrywilligers wat werk aan Wikimedia projekte het 'n sterk stem uitgebring ten gunste van die aanbieding van hul bydraes onder die Gemeenbruiklike en Gelykerkennende Lisensie (GB-en-GE) bykomend tot die GNU Vrye Dokumentasie Lisensie (GVDL). Opdatering van ons lisensiëringsterme sal Wikimedia se liefdadigheidsmissie ondersteun, deurdat ons projekte wetlik aanpasbaar by ander sal wees wat gekies het om die GE-en-GE lisensie te gebruik. Ons vrye inligting en opvoedkundige inhoud sal meer geredelik gedeel kan word en sal makliker deur almal gebruik kan word.

Die volle Raad van Trustees het die volgende resolusie bekragtig op 21 Mei 2009:

Daar is onderneem dat:

Aangesien die Wikimedia-gemeenskap, in 'n projekwye stemming, sterk steun aangedui het vir die verandering van lisensiërignsterme van Wikimedia webblaaie, en volgens die Raad van Trustees se voorafgaande lisensiëringsopdateringsresolusie waarvolgens sodanige verandering moontlik gemaak word, verklaar die Raad nou sy voorneme om hierdie vernaderinge te implementeer. Insgelyks oefen die Wikimedia Stigting sy opsie uit onder Weergawe 1.3 van die GNU Vrye Dokumentasie Lisensie om Wikimedia-blaaie te herlisensieer as Massiewe Multi-outeur Samewerkings (d.i. Massive Multiauthor Collaborations) onder die Gemeenbruiklike en Gelykerkennende 3.0 lisensie, effektief vanaf 15 Junie 2009. Die Raad van Trustees gee hiermee opdrag aan die Uitvoerende Direkteur om alle Wikimedia lisensiëringsterme op te dateer en om gebruiksterme te implementeer in ooreenstemming met die voorstel te lisensiëringsopdatering.

Om die verandering te implementeer, word die volgende stappe verwag:

Datum Stap
Begin van Junie Enige finale hersienings aan die voorgestelde gebruiksterme word geplaas vir kommentaar. Voorgestelde prosedures vir handeling met eksterne inhoud word vrygestel. 'n Strategie vir opdatering van sjablone op geaffekteerde medialêers word aangekondig.
15 Junie en daarna Na enige finale aanpassings, sal webbladwye kopiereg- en gebruiksterme opgedateer word op alle Engelstalige wikis. Vertalingsriglyne word uitgereik en vertalings neem aanvang by alle nie-Engelstalige wikis. Geaffekteerde medialêers migreer soos bo genoem.

Stembesonderhede[edit]

Die lisensiëringsopdatering meningsopname is uitgevoer oor drie weke (van 12 April tot 3 May 2009) in 32 tale, en is aangekondig via 'n webbladkennisgewing wat vertoon is aan alle aangemelde bydraers. Die opname was oop vir enige individu met 'n geregistreerde rekening op 'n WMS projek met minstens 25 wysigings op sy naam voor 15 Maart 2009, en wat nie geblok was nie, nog as 'n bot aangedui is. Individue wat nie aan hierdie kriteria voldoen het nie is outomaties verhoed om 'n stem uit te bring.

Sertifisering[edit]

Geskiedenis van stemme uitgebring tydens die drieweekse stemperiode

'n Totaal van 18,692 stemme is uitgebring. Na hersiening, het die lisensieopdateringskomitee 17,462 hiervan gesertifiseer as geldig. Bykans al die onbekragtigde stemme was dié van individue wat gepoog het om veelvuldige stemme uit te bring. By gevalle van enkele individue wat gepoog het om veelvuldig te stem, is hul mees onlangse stem as geldig aanvaar en enige vroeëre stemme is verwerp. Dit het ingesluit 930 gevalle waar 'n enkele rekening by 'n spesifieke wiki aangewend is om veelvuldige stemme uit te bring. 'n Verdere 256 stemme is buite rekening gelaat weens individue wat veelvuldige kere gestem het vanaf ooreenstemmende rekeningname op verskillende wikis (wat bevestig is as gekoppelde rekenings via enkelgebruikeraanmelding of ander tegniese getuienis). Die finale 44 bedorwe stemme is geëlimineer om ander redes, insluitend misbruik van sg. sokpoppe.

Alle stemhersienings is uitgevoer suiwer op die stemmer se rekeningidentiteit en geassosieerde tegniese getuienis. Stemkeuses is geënkripteer en nie onthul voor die versameling van geldige stemme gesertifiseer is nie. Bedorwe stemme is nooit geopen nie.

Demografie[edit]

193 Wikimedia projekte is verteenwoordig deur minstens een stem.

Stemme Persent Groep
16785 96.1% 102 Wikipedias
397 2.3% 8 "Spesiale" projekte (insluitend Gemeenbruik, [[:|Meta]], Wikispesies, ens.)
78 0.4% 22 Wikiwoordeboeke
72 0.4% 18 Wikiboek projekte
60 0.3% 17 Wikibron projekte
30 0.2% 11 Wikinuus projekte
24 0.1% 7 Wikiversiteit projekte
15 0.1% 8 Wikiaanhaling projekte
Top 20 stemmende projekte
Stemme Persent Projek
7528 43.1% Engelse Wikipedia
3104 17.8% Duitse Wikipedia
955 5.5% Franse Wikipedia
778 4.5% Russiese Wikipedia
738 4.2% Spaanse Wikipedia
507 2.9% Poolse Wikipedia
454 2.6% Italiaanse Wikipedia
315 1.8% Sjinese Wikipedia
274 1.6% Gemeenbruik
274 1.6% Japanese Wikipedia
235 1.3% Nederlandse Wikipedia
210 1.2% Portugese Wikipedia
158 0.9% Sweedse Wikipedia
125 0.7% Hebreeuse Wikipedia
125 0.7% Hongaarse Wikipedia
117 0.7% Finse Wikipedia
111 0.6% Tjeggiese Wikipedia
105 0.6% Turkse Wikipedia
98 0.6% [[:|Meta]]
78 0.6% Deense Wikipedia