Wikimedia Foundation elections/2021/2021-08-18/2021 Voting Opens/af

From Meta, a Wikimedia project coordination wiki
This page is a translated version of the page Wikimedia Foundation elections/2021/2021-08-18/2021 Voting Opens and the translation is 100% complete.

Die stembus vir die 2021 Trusteeraadsverkiesing is nou oop. Kandidate vanuit die gemeenskap is gevra om hulself verkiesbaar te maak. Na 'n drie week lange oproep vir kandidate is daar nou 19 kandidate vir die 2021 verkiesing.

Die Wikimedia Stigting Trusteeraad lewer oorsig oor die Wikimedia Stigting se werksaamhede. Die Raad wil sy vakkundigheid en diversiteit verbeter. Hulle het die vakgebiede wat hulle in nuwe trustees soek gekommuniseer.

Die Wikimedia beweging het die moontlikheid om kandidate wat die kwaliteite het om die behoeftes van die beweging vir die komende jare te dien. Die verwagting is dat die raad die vier kandidate met die meeste stemme sal kies om op die raad te dien. Die termyn begin in September en loop vir drie jaar. Leer meer oor die Trusteeraad in hierdie kort video.

Stem nou tot en met 31 Augustus.

Hieronder is nuttige informasie oor die verkiesingsproses.

Leer meer oor die kandidate

Kandidate vanuit die hele gemeenskap het hulself verkiesbaar gestel. Leer oor elke kandidaat om 'n ingeligte stem af te gee. Die gemeenskap het vrae aan die kandidate gestel om tydens die veldtog te beantwoord. Kandidate het die vrae vanuit die gemeenskap beantwoord wat deur die verkiesingskomitee op Meta saamgestel is.

Stem

Stemming vir die 2021 raadsverkiesing het op 18 Augustus 2021 begin en sluit op 31 Augustus 2021. Die verkiesingskomitee het besluit op 'n verkiesingsisteem van "Single Transferable Vote" (enkel oordraagbare stem). Vind meer uit oor die voorvereistes vir stemreg, die proses, en gereelde vrae oor stemming.

Help asseblief om die mense te kies wat tans die behoeftes van die beweging die beste kan vervul. Stem, en vertel andere daarvan sodat meer mense vir die kandidate kan stem. Diegene wat verkies word sal help om die Wikimedia Stigting te lei en om oor die komende jare die behoeftes van die beweging te ondersteun.

Groete,

Die verkiesingskomitee