Movement Charter/Drafting Committee/Announcement 2021 07 27/af

From Meta, a Wikimedia project coordination wiki
This page is a translated version of the page Movement Charter/Drafting Committee/Announcement 2021 07 27 and the translation is 100% complete.

Oproep vir kandidate vir die Opstelkomitee vir die Bewegingshandves

Die Bewegingstrategie groep kondig die oproep vir kandidate vir die Bewegingshandves aan. Die oproep begin op 2 Augustus en eindig op 14 September 2021.

Van die komitee word verwag om diversiteit in die beweging te verteenwoordig. Diversiteit sluit geslag, taal, geografie en ervaring in. Dit sluit deelname in projekte, susterorganisasies, en die Wikimedia stigting in.

Om 'n lid van die komitee te word, is dit nie nodig om vlot Engels te praat nie. Indien nodig, word vertalings- en tolkondersteuning beskikbaar gestel. Kommiteelede kry 'n toelae om die koste van deelname te betaal. Die toelae beloop $100 elke twee maande.

Ons is op soek na mense met die volgende vaardighede:

  • Weet hoe om in samewerking met ander te skryf (bewese ervaring is voordelig)
  • Bereid om kompromisse te vind.
  • Fokus op inklusiwiteit en diversiteit.
  • Kennis van gemeenskapskonsultasies.
  • Interkulturele ervaring.
  • Ervaring in die bestuur of organisasie van organisasies sonder winsbejag of van gemeenskappe.
  • Ervaring in onderhandeling met verskeie partye.

Daar word verwag dat die komitee met 15 lede opgestel sal word. Indien daar 20 of meer kandidate is, sal 'n gemengde seleksie en verkiesingsproses plaasvind. Indien daar 19 of minder kandidate is, sal 'n seleksie sonder 'n verkiesing plaasvind.

Wil jy in hierdie belangrike rol help om Wikimedia vooruit te dryf? Stel jouself hier verkiesbaar. Kontak asb. strategy2030(_AT_)wikimedia.orgmittee#Candidate_Statements met enige vrae.