Universele Gedragskode/Hersiene toepassingriglyne/Aankondiging/Stemming 1

From Meta, a Wikimedia project coordination wiki
This page is a translated version of the page Universal Code of Conduct/Revised enforcement guidelines/Announcement/Voting 1 and the translation is 100% complete.

Komende stemming oor die hersiene toepassinigriglyne vir die Universele Gedragskode

U kan hierdie vertaalde boodskap, na addisionele tale op Meta-wiki, vind.

Hallo almal,

In die middel van Januarie 2023 sal die Toepassingriglyne vir die Universele Gedragskode 'n tweede gemeenskapswye bekragtigingstem ondergaan. Dit volg die stem van Maart 2022 waar 'n meerderheid kiesers die handhawingsriglyne ondersteun het. Tydens die stemming het deelnemers gehelp om belangrike gemeenskapsbekommernisse uit te lig. Die raad se Komitee vir Gemeenskapsake het versoek dat hierdie areas van kommer hersien word.

Die vrywilliger geleide Hersieningskomitee het hard gewerk om gemeenskapsinsette te hersien en veranderinge aan te bring. Hulle het areas van kommer bygewerk, soos opleidings- en bevestigingsvereistes, privaatheid en deursigtigheid in die proses, en leesbaarheid en vertaalbaarheid van die dokument self.

Die hersiene handhawingsriglyne kan hier besigtig word en 'n vergelyking van veranderinge kan 'hier gevind word.

Hoe om te stem?

Vanaf 17 Januarie 2023 kan daar gestem word. Hierdie bladsy op Meta-wiki gee 'n uiteensetting van inligting oor hoe om te stem met behulp van SecurePoll.

Wie kan stem?

Die geskiktheidsvereistes vir hierdie stemming is dieselfde as vir die Wikimedia Raad van Trustees verkiesings. Sien die kieserinligtingsblad vir meer besonderhede oor kiesers se geskiktheid. As jy 'n stemgeregtigde kieser is, kan jy jou Wikimedia-rekening gebruik om toegang tot die stembediener te kry.

Wat gebeur ná die stemming?

Stemme sal deur 'n onafhanklike groep vrywilligers getel word en die uitslae sal op Wikimedia-l, die Movement Strategy Forum, Diff en op Meta-wiki gepubliseer word. Kiesers sal weer kan stem en kommer oor die riglyne kan deel. Die Raad van Trustees sal kyk na die vlakke van ondersteuning en bekommernisse wat geopper word terwyl hulle kyk hoe die Toepassingriglyne bekragtig of verder ontwikkel moet word.

Namens die UCoC-projekspan,