Tegniese / bedienerskakelaar
Jou wiki sal binnekort oorskakel na die lees-alleen modus.
Lees hierdie boodskap in 'n ander taal • Please help translate to your language
Die Wikimedia Foundation sal die verkeer tussen sy datasentrums ruil. Dit sal verseker dat Wikipedia en die ander Wikimedia wiki's aanlyn kan bly, selfs ná 'n ramp.
Hulle sal alle verkeer na die sekondêre datasentrum op 24 September oorskakel. Die toets begin om 15:00 UTC
Ongelukkig, as gevolg van 'n paar beperkings in MediaWiki, moet alle redigering stop terwyl ons oorskakel. Ons vra om verskoning vir hierdie ontwrigting en werk daarna om dit in die toekoms tot die minimum te beperk.
'n Banier sal op alle wiki's vertoon 30 minute voor hierdie operasie plaasvind. Hierdie banier sal tot die einde van die operasie verskyn. You can contribute to the translation or proofreading of this banner text.
Vir 'n kort tydjie sal u alle wiki's slegs kan lees, maar nie kan redigeer nie.
- Op Woensdag 24 September 2025 sal u vir tot 'n uur lank nie kan wysig nie.
- As u gedurende hierdie tye probeer redigeer of stoor, sal u 'n foutboodskap sien. Ons hoop dat geen wysigings verlore sal gaan gedurende hierdie minute nie, maar ons kan dit nie waarborg nie. As u die foutboodskap sien, wag dan totdat alles weer normaal is. U behoort dan u redigering te kan stoor. Maar ons beveel aan dat u eers 'n afskrif van u wysigings maak, net vir ingeval.
Ander gevolge:
- Agtergrondwerk sal stadiger wees en sommige sal moontlik nie voltooi word nie. Rooi skakels word moontlik nie so vinnig soos gewoonlik opgedateer nie. As u 'n artikel skep wat reeds elders gekoppel is, sal die skakel langer as gewoonlik rooi bly. Sommige toepassings-skrifte met 'n lang looptyd sal gestop moet word.
- Ons verwag dat die uitrol van nuwe kode soos enige ander week sal plaasvind. Alhoewel, sommige gevalle van kodevries kan egter stiptelik plaasvind as die operasie dit daarna vereis.
- GitLab sal vir ongeveer 90 minute onbeskikbaar wees.
Hierdie projek kan, indien nodig, uitgestel word. Jy kan die skedule lees by wikitech.wikimedia.org. Enige veranderinge sal in die skedule aangekondig word.
Deel asseblief hierdie inligting met u gemeenskap.