2015 Strategie / Gemeenskapskonsultasie / Agtergrond

From Meta, a Wikimedia project coordination wiki
This page is a translated version of the page Strategy/Wikimedia Foundation/2015/Community consultation/Background and the translation is 86% complete.
Outdated translations are marked like this.

Agtergrond

Binne die WMF ons het onlangs 'n inisiatief afgeskop om ons strategiese te herbesin om te verseker dat ons voortgaan om te met die beste werkswyse die Wikimedia visie te vervul.

Soos jy dalk weet, het die Wikimedia Stigting in 2009 'n [[strategy:File:WMF_StrategicPlan2011_spreads.pdf| 'n strategie] vyf jaar] opgestel vir die Wikimedia beweging met beduidende bydraes van die gemeenskap en personeel. Daardeur is vyf teikens gestel. Die teikens het tot beleggings gelei in die stabilisering van ons tegniese infrastruktuur, die skep van 'n ruimte vir innovasie, en die toenemende belegging in redigerings gereedskap. Die plan was ambisieus en motiverend, maar die vyf-jaar tyd horison was moeilik om aan te pas by die veranderinge in die wereld wye web.


Die 2009 Strategiese Plan was baie breed en omvattend. Dit weerspieël die belangrikste kwessies vir die Wikimedia Beweging en die miljoene mense wat 'n deel van dit. In die praktyk het die WMF die moeilik gevind om sy prioritisering sy dag-tot-dag-aktiwiteite in verband te bring met die plan. Die 2012 "Vernouing Fokus" aankondiging was 'n poging om die WMF se fokus te vernou, sodat dit meer effektief in die ondersteuning van die Beweging kan wees. Dit is nou die tyd om die plan en die vernouings besluit te heroorweeg en vernuwe. s besluit.


Vir 2015 ontwikkel die WMF 'n nuwe strategiese proses. Eerder as om te probeer om 'n vyf-jaar-dokument op te stel vir die hele beweging, skop ons 'n dissipline van deurlopende strategiese ondersoek, evaluering en aanpassing af. Dit is 'n ratser, meer aanpasbare proses wat leiding sal verleen aan ons prioriteite en doelwitte en sal help dat ons strategiese rigting in ooreenstemming is met die Wikimedia visie en Wikimedia-projekte, en sensitief is vir die veranderende wereldwye omgewing.


Die "Strategiese Visie" Gemeenskapskonsultasie is die eerste stap in ons nuwe strategiese proses. Dit is 'n geleentheid vir ons om saam te verken wat die toekoms vir die Wikimedia Beweging en projekte inhou. Ons sal leer uit jou idees en dit gebruik om ons strategiese denke te verfyn. Daaruit sal ons die WMF strategiese rigting definieer, wat ons in 2015 met jou sal deel. Hierdie strategiese rigting sal ons lei in gemeenskapsondersteuning-, ingenieurs-, toelaeskeppings-, en fondsinsamelingspogings en sal jaarliks opgedateer word. Ons mag ook na jou uitreik aangaande spesifieke kwessies (byvoorbeeld met betrekking tot tegnologie of toelaes) wat ook sal help om ons strategiese beplanning te ondersteun.