Universele gedragskode/Vrae

From Meta, a Wikimedia project coordination wiki
This page is a translated version of the page Universal Code of Conduct/FAQ and the translation is 100% complete.
Universal Code of Conduct

Konsultasies

1. Hoe hou die UGK verband met ander bewegingsstrategie-inisiatiewe en konsultasies, byvoorbeeld die Bewegingshandves?
Die UGK is 'n belangrike inisiatief van die Wikimedia 2030-gemeenskapsgesprekke en strategieproses. Die derde aanbeveling van die Bewegingstrategie-besprekings was om voorsiening te maak vir veiligheid en insluiting binne die gemeenskappe en die skep van 'n gedragskode is as die hoogste prioriteitsinisiatief van hierdie aanbeveling beskou. Daar was globale gesprekke wat parallel met die UGK-konsultasies vir ander bewegingstrategie-inisiatiewe soos die Bewegingshandves gehou word.
2. Op grond waarvan is die gemeenskappe vir plaaslike konsultasies gekies?
Die gemeenskappe vir die fase 1-plaaslike taalkonsultasies is gekies op grond van verskeie faktore, waaronder die groeikoers en die stand van plaaslike gedragsbeleide. Meer inligting oor die proses vir fase 1 is beskikbaar hier. Die beskikbaarheid van gekwalifiseerde plaaslike taalfasiliteerders was ook 'n praktiese oorweging.
Soos fase 1, het talle faktore die keuse van gemeenskappe vir fase 2 gelei. Die eerste was data oor die bestaande toepassingsfrastruktuur van verskillende taal Wikimedia-projekte ten opsigte van plaaslike beleid. Die fasiliteerders is gekies om gemeenskappe met verskillende vlakke van bestaande toepassing te verteenwoordig, om sodoende uiteenlopende perspektiewe in te bring. Die beskikbaarheid van gekwalifiseerde fasiliteerders en aspirasies van wye geografiese dekking het ook 'n rol gespeel.
3. Het die Wikimedia Foundation aangekondig dat die UGK van toepassing sal wees op alle Wikimedia-projekte en -spasies?
Ja. Aangesien die UGK deel sal word van die gebruiksvoorwaardes, sal dit nie moontlik wees vir individuele gemeenskappe om die globale beleid te onttrek nie. As dit lyk asof bestaande plaaslike beleide of praktyke in stryd is met die UGK, moet hierdie bekommernisse vroeg in die proses geopper word sodat die konflik ondersoek en opgelos kan word. Vanaf 2 Februarie 2021 het die Raad van Trustees die UGK formeel goedgekeur as 'n beleid wat van toepassing sal wees op alle projekte en aktiwiteite in die Wikimedia-beweging. Hierdie omvang is ook duidelik gemaak sedert die beginfases van die fase 1-konsultasie om die beleid op te stel, en is beide op meta-, wikimedia-l- en baie individuele projekte geplaas. 'n Lys van die aankondigings aan die klein en mediumgrootte wiki's is beskikbaar op hierdie bladsy. Besonderhede van groter konsultasies op wiki is hier beskikbaar.

Vertaling

4. Sal die UGK en sy ondersteunende dokumentasie in alle tale beskikbaar wees?
Die UGK-projekspan sal werk om alle groot dokumentasie en aankondigings in soveel tale as moontlik te vertaal deur 'n kombinasie van agentskap en vrywillige vertaling te gebruik. Dit is 'n groot poging wat tyd sal neem, en ons kan dit nie alleen doen nie. Ons moedig vrywilligers aan wat graag materiaal wil vertaal, of wat graag vertalings in 'n nuwe taal beskikbaar wil stel, om 'n e-pos te stuur aan ucocproject(_AT_)wikimedia.org. Alhoewel dit nie moontlik is om alle materiaal in alle tale te vertaal nie, is ons daartoe verbind om breë deelname aan die UGK-proses oor tale heen moontlik te maak.
5. In die geval van vertaalverskille of interpretasiebotsings, watter taalweergawe van die konsep sal as die amptelike weergawe beskou word?
Die UGK-span het gewerk om soveel moontlik vertalings van die UGK-beleid, teopassingsriglyne en verwante bladsye te publiseer. Vertalings is egter nooit perfek nie en ons gebruik 'n aantal strategieë (betaalde agentskap, vrywilliger, personeel, ens.) om vertalings te voltooi, wat elkeen hul eie uitdagings met akkuraatheid het. Gemeenskappe word aangemoedig om ons te help om die teenstrydighede te identifiseer en reg te stel, en gevra om te verstaan dat die oplossing van teenstrydighede tyd neem. Totdat die proses voltooi is, sal die Engelse weergawe die amptelike weergawe wees.

Handhawing

6. Wat is die planne vir die toepassing van die UGK, bv. wie is verantwoordelik vir die afdwinging daarvan?
Volgens die voorskrifte van die Stigting se Raad van Trustees (Raad, of RvT), is toepassing die fokus van die tweede fase van die projek, wat begin het nadat die finale konsepweergawe van die UGK deur die Raad goedgekeur en op 2 Februarie 2021 aangekondig is. Dit beteken dat Wikimedia-gemeenskappe sal bepaal hoe die UGK op plaaslike vlak toegepas, geïnterpreteer en afgedwing sal word. Alle geaffekteerde partye en gemeenskappe word aangemoedig om aktief aan die bespreking deel te neem om versoenbaarheid met bestaande gemeenskapspraktyke, -beleide en -prosedures te soek. Laastens is die UGK en sy handhawingstrategieë bedoel om as basislyn van die beweging te dien. Individuele projekgemeenskappe word steeds aangemoedig om hul eie gedragskodes bo en behalwe hierdie poging te ontwikkel.
7. Hoe sou 'n UGK-oortreding in die werklike lewe hanteer word, byvoorbeeld by Stigting- of Wikimedia-geaffilieerde geleenthede waar die Vriendelike Ruimtebeleid ook van toepassing is? Watter beleid sal voorrang geniet?
Aangesien die UGK 'n minimale stel riglyne bied, moet plaaslike beleide altyd eers geraadpleeg word en uitgevoer word soos dit van toepassing is. Dit geld vir gebeure op dieselfde manier as wat dit geld vir gedrag op enige Wikimedia-projek. Die UGK is slegs bedoel om toegepas te word in gevalle waar plaaslike beleid of toepassingsmeganismes nie voldoende is om die kwessies wat ter sprake is, aan te spreek nie.
8. Sou private verslagdoening oor UGK-oortredings in stryd wees met die vrye en deursigtige Wikimedia-gemeenskapskultuur (waar almal byvoorbeeld die bladsygeskiedenis kan sien)?
Dit is reeds die geval dat verslae om verskeie redes privaat aanvaar word, soos dié wat die openbaarmaking of onderdrukking van persoonlik-identifiserende inligting, dreigemente van skade en ander sensitiewe kwessies vereis. Sulke verslae word gereeld ingedien by Trust and Safety / Legal, Stewards, CheckUsers, Oversighters, Arbitrasie-komitees, en ander ampsdraers. 'n Beduidende aantal deelnemers het hul onwilligheid uitgespreek om teistering in openbare plekke aan te meld, aangesien dit verdere vyandigheid tot gevolg kan hê. 'n Belangrike oorweging in fase 2 was om die behoefte te ondersoek om deursigtigheid te balanseer met die verantwoordelikhied om slagoffers van teistering te beskerm.
9. Watter soort ondersteuning sal die Stigting bied aan diegene wat verantwoordelik is vir die toepassing van die UGK?
Die Stigting is daartoe verbind om die UGK te ondersteun deur alle stadiums van sy ontwikkeling: beleidsopstelling, konsultasies oor toepassing en dan te verseker dat toepassingspaaie goed funksioneer. Daar word reeds 'n paar stappe gedoen om seker te maak dat die implementering van die UGK suksesvol is. Dit sluit die ondersteuning van diegene wat verantwoordelik kan wees vir die toepassing van die UGK in. Die stigting se gemeenskapsontwikkelingspan het byvoorbeeld aanlyn-opleidingsprogramme van stapel gestuur. Soos ons gemeenskapsbehoeftes beter verstaan deur ons Fase 2-konsultasies, sal ons 'n beter begrip hê van die tipes ondersteuning benodig en om dit te prioritiseer.

Periodieke hersienings

10. Sal daar periodieke hersienings en wysigings van die UGk wees sodra dit gevorm is? Indien wel, wie sal daarvoor verantwoordelik wees?
Ja. Die stigting se regsafdeling sal een jaar na bekragtiging van die handhawingsriglyne 'n hersiening van die UGK en die handhawingsriglyne aanbied. Opvolgende oorsigte kan gefasiliteer word deur opkomende bestuurstrukture soos dié wat deur die Bewegingstrategie-proses aanbeveel word.
11. Wie sal die beleid in die toekoms hersien indien 'n dringende behoefte aan verandering ontstaan?
Soos ander beleide wat deur die stigting aangebied word, kan versoeke vir dringende veranderinge by die stigting se regsafdeling ingedien word. Die Regsafdeling het in die verlede gemeenskapsgedrewe wysigingsgesprekke gelei (byvoorbeeld die 2014 Gebruiksvoorwaardes/Betaalde bydraes-wysiging) en het 'n struktuur en proses om hierdie situasies te fasiliteer.

Konflik met plaaslike beleid

12. Wat gebeur as plaaslike beleide in stryd met die UGK is?
Na die aanvaarding van die UGKL deur die Raad, sal alle Wikimedia-gemeenskappe aangemoedig word om na hul bestaande beleid te kyk om te verseker dat hulle aan die UGK-verwagtinge voldoen. Gemeenskappe kan verder gaan as die UGK en meer uitgebreide beleide ontwikkel, maar hulle moet verseker dat hul plaaslike beleid nie swakker as die basiese standaard wat deur die UGK gestel word, is nie. Indien nodig, kan gemeenskappe en die Stigting saamwerk om beleide te harmoniseer. Die Stigting sal beskikbaar wees om te help totdat die projek voltooi is.
13. Sal die UGK ook van toepassing wees op projekte wat reeds plaaslike beleide en riglyne het?
Die UGK het ten doel om die mees basiese standaarde vir gedrag regoor die beweging te skep. Projekte met goed ontwikkelde beleide voldoen gewoonlik aan of oortref die UGK-verwagtinge en hoef oor die algemeen nie baie veranderinge aan plaaslike beleide aan te bring om aan die globale beleid te voldoen nie.
14. Elke Wikimedia-projek het sy eie gedragsriglyne en -beleide wat deur die gebruikers van daardie projek geskryf is op grond van hul behoeftes. Gaan die UGK hierdie riglyne en beleide verander?
Die UGK is nie bedoel om bestaande, effektiewe gedragstandaarde te vervang nie. Inteendeel, die UGK sal werk as 'n basiese standaard vir alle projekte, veral daardie projekte wat min of geen bestaande gedragstandaarde het nie. Gemeenskappe kan die UGK gebruik om meer kultureel toepaslike norme te ontwikkel of om bestaande riglyne aan te pas soos nodig.
15. Wat as UGK nie 100% aan ons gemeenskapsbehoeftes voldoen nie?
Die UGK sal beslis nie aan alle gemeenskapsbehoeftes voldoen nie. Die UGK sal waarskynlik ook in die toekoms verder ontwikkel word. Gemeenskappe word aangemoedig om boonop hul eie beleid te bou. Byvoorbeeld, die UGK kan sê: "Jy moet fokus op wat die beste is, nie net vir jou as individuele redakteur nie, maar ook vir die Wikimedia-gemeenskap as geheel." Dit is baie wyd. Baie Wikimedia-projekte het reeds baie meer gedetailleerde beleide oor hoe om kwessies soos hierdie te hanteer, soos Belangebotsings. As u projek nie een het nie, is so 'n sin in die UGK die terugvalreël vir enige konflik wat oor hierdie onderwerp ontstaan. Maar die UGK kan ook 'n goeie motivering wees om 'n meer gedetailleerde beleid rondom hierdie of ander onderwerpe te ontwikkel.
16. Hoe gaan die UGK in alle kulturele kontekste inpas?
Die UGK pas miskien nie in alle kulturele kontekste nie, maar die opstellers het gewerk om dit so inklusief moontlik te maak. Die UGK-span het uitreike na gemeenskappe met verskillende kulture gedoen en hul terugvoer ontvang. Die opstelkomitee het die insette oorweeg tydens die opstel van die konsep. As u meer kulturele leemtes in die konsep sien, bring dit asseblief onder ons aandag op die hoofbesprekingsblad van die Universele Gedragskode, en hierdie kwessies kan in die eerste of daaropvolgende jaarlikse oorsigte aangespreek word.

Oortolligheid met gebruiksvoorwaardes

17. Is dit steeds nodig om 'n UGK te hê wanneer artikel 4 van die Gebruiksvoorwaardes (GV) gedragsbeleide soos "Weerhou van sekere aktiwiteite" dek?
Afdeling 4 van Wikimedia Gebruiksvoorwaardes dek wel 'n paar gedragsriglyne saam met inhoudsriglyne soos kopieregskending en betaalde bydraes. Dit is egter nie 'n omvattende lys nie. Die Universele Gedragskode het ten doel om gemeenskappe te help om Artikel 4 van die GV toe te pas deur gedragsverwagtinge in meer besonderhede uit te brei.
18. Waarom skryf ons 'n nuwe UGK in plaas daarvan om afdeling 4 van die gebruiksvoorwaardes te herskryf?
Om die gebruiksvoorwaardes leesbaar en bondig te hou, word sommige inligting in ander dokumente gepubliseer. Die lisensiëringsbeleid en Commons lisensiëringsbeleid word byvoorbeeld as skakels ingesluit. Om tot die Gebruiksvoorwaardes in te stem, beteken ook om tot daardie dokumente in te stem. Die skeiding van die Universele Gedragskode sal toelaat dat dit meer gedetailleerd kan wees indien nodig. Dit sal dit ook makliker maak om op te dateer op grond van ons veranderende behoeftes as 'n beweging.

Betrokkenheid van die Wikimedia Stigting

19. Waarom is die Wikimedia Stigting betrokke by hierdie beleid?
Die Wikimedia Stigting is deur die Raad van Trustees versoek om die proses te ondersteun. Op die aanbevelings van gemeenskapslede in die Bewegingstrategie-proses is die UGK geskryf deur 'n komitee bestaande uit beide vrywilligers en stigtingspersoneel.
20. Wat sal die 'werklike' optrede van die Wikimedia Stigting wees indien iemand voorwaarde(s) van die UGK oortree het?
Die meeste oortredings van die UGK sal nie deur die Wikimedia Stigting hanteer word nie. Dit sal deur plaaslike gemeenskappe of wêreldwye ampsdraers hanteer word. Oortredings van die Gebruiksvoorwaardes word tans op dieselfde manier hanteer. Die presiese besonderhede van afdwinging sal bepaal word na bekragtiging van die Toepassingsriglyne.
21. Sal die UGK onderhewig wees aan 'n stemming?
Die hoofbeleidsteks van die UGK is in Februarie 2021 deur die Raad van Trustees bekragtig en is 'n aktiewe beleid. Die Toepassingsriglyne vir die UGK gaan deur 'n bekragtigingsproses in 2022, wat versoeke vir so 'n proses weerspieël in 'n ope brief aan die Raad van Trustees deur Wikimedia projek Arbiters in April 2021.

Implementering

22. Waaruit bestaan die UGK Toepassingsriglyne?
Die UGK Toepassingriglyne bestaan uit voorkomende werk (bevordering van UGK-bewustheid, die aanbeveling van UGk-opleiding, onder andere) en responsiewe werk (die besonderhede van 'n proses vir indiening, verwerking van gerapporteerde oortredings, die verskaffing van hulpbronne vir gerapporteerde oortredings, die aanwys van afdwingingsaksies vir oortredings ...) wat bedoel is om gemeenskapslede te help om met bestaande prosesse wat regverdig en billik is in gemeenskappe om die veiligste werksomgewing vir almal te bied, te koördineer.
23. Hoe gereeld sal die riglyne met veranderinge opgedateer word?
Beide die beleidsteks en riglyne sal periodieke oorsigte hê, binne 'n jaar na implementering ingesluit.
24. Wie sal toesig hou oor die UGK?
Die Universele Gedragskode Koördinerende Komitee staan bekend as die UGKK. Die UGKK. sal verslae van oortredings van die UGK monitor en kan bykomende ondersoeke doen en sal waar toepaslik stappe doen. Die UGKK sal gereeld die stand van die handhawing van die kode monitor en beoordeel en kan geskikte veranderinge aan UGK aan die Wikimedia Stigting en die gemeenskap voorstel vir oorweging. Indien nodig, sal die UGKK die Wikimedia Stigting help om sake te hanteer. Die UGKK kan nie die UGK verander nie, meningsverskille tussen die Stigting en sy affiliasies hanteer nie, reëls opstel wat die UGK omseil of verontagsaam nie, of optree oor enige aangeleentheid wat nie verband hou met die UGK of die handhawing daarvan nie.
25. Hoe sal die UGKK met ander besluitnemingsliggame soos arbitrasiekomitees skakel?
Die UGKK is bedoel om in te staan as 'n finale besluitnemingsliggaam waar geen hoërvlak besluitnemingsliggaam bestaan nie (soos gemeenskappe sonder 'n arbitrasiekomitee of ander soortgelyke proses), of 'n plek waar hoër besluitnemingsliggame sake aanstuur. Die UGKK sal ook funksioneer as 'n besluitnemingsliggaam vir ernstige sistematiese kwessies wat nie deur bestaande afdwingingstrukture hanteer kan word nie.
26. Hoe sal die UGKK gevorm word?
Die opstelkomitee het gevra vir die oprigting van die UGKK-boukomitee. Die UGKK-boukomitee sal bestaan uit gemeenskapslede wat saam met die Stigting sal werk om 'n proses te skep om die UGKK te saam te stel.